Liewe LCF vriendin!
In tye waar ons elkeen deur moeilike omstandighede gebombardeer word, wil ons kies om ons fokus te draai en te hou op ons Koning en Pappa Vader. As groepies vriendinne bid ons saam oor Zoom of WhatsApp en bemoedig mekaar deur tye van swaarkry maar vier ook saam in tye van vreugde!
Indien jy nie by ‘n Prayer Hug groepie ingeskakel is nie, en graag sou wou, vul die vormpie hieronder in, en kies die gepasde dag en tyd wat vir jou sal werk. Die groepleier sal jou dan kontak om jou deel te maak van die groep! Ons beperk groepe tot 10 lede.
Moenie alleen voel in ‘n tyd waar ons van mekaar geïsoleer is nie! Wees deel van ‘n groep vrouens wat vir jou omgee en die pad saam met jou wil stap! Mag ons as gemeente en ons vrouens, nooit ophou bid nie!
“U sal die versoek van die nederiges hoor, o Jehovah. U sal hulle hart versterk en noukeurig aan hulle aandag skenk” (Psalm 10:17).
Watter wonderlike redes om aan te hou bid!